Close

June 6, 2011

Spoortrapper with Callie Roos

Die Spoortrapper ervaring is ‘n spontane en dinamiese belewenis waar die omgewing en die diere van die veld die agenda bepaal terwyl ons die spore en tekens ontdek vir ons eie lewensreis en die maak van goeie keuses.

Die OnTrack Advance (Spoortrapper) in die Timbavati saam met Callie Roos en Adriaan Louw vind plaas op
17 -19 Junie 2011
Arriveer Vrydag 17 Junie om 13:00 (ete om 14:00)
Vertrek Sondag 19 Junie om 12:00 (ontbyt 11:00)
Ons moet eers die tekens van die tye lees asook die tekens van die Gees as ons wil leiding gee.  Tydens die Spoortrapper ervaring kan jy leer om hierdie tekens beter te verstaan. 

Hierdie tekens kom oral rondom ons voor in die natuur asook in die alledaagse lewe.  Tekens wat ons maklik mis totdat ons begin ervaar dat die Gees ons graag wil begelei met die ‘hoe’ van die lewe.

Ons leer om spoor te trap waar nog niemand getrap het n

Verblyf vir die Spoortrapper (OnTrack Advance) is Bateleur in die Timbavati. ‘n Groot Vyf Privaat kamp in die hart van die Afrika bos.  Gaan na http://www.bateleursafaris.co.za/camp.html vir meer inligting oor die kamp.

Om jou plek te bespreek vir die Spoortrapper (OnTrack Advance) te Bateleur kontak Callie of Olga by callie@onpurpose.co.za of telefoon  +27126547983. www.onpurpose.co.za

Kostes:  R4340,00 pp per persoon uitgesluit jou vervoer na Bateleur, ingangsfooi by die Timbavati R120,00 per voertuig, en alkoholiese drinkgoed.

Ingesluit by die bedrag is verblyf, bewaringsfooi by die Timbavati hek R150,00 per persoon,  koffie, tee en beskuit vroeg oggend, drie vol etes per dag, peuselhappies, koeldrank saam met etes, fooitjies vir die gidse en staflede, twee wildsritte per dag asook fasiliteringskoste van Callie en Adriaan.

Die Spoortrapper is vir enkel persone sowel as pare.

Daar is slegs plek vir 16 persone per geleentheid of agt paartjies

Leave a Reply

%d bloggers like this: